Suné turned 7 on the 9th of January. Although it is a different 7th year for her than for other 7 year old children.....We are extremely proud of her and everything she has achieved!
This was my letter to her on her birthday....out of my heart and with lots of love:
************************************************************
My liefste Suné
Vandag, op jou 7de verjaarsdag, is ek en jy veronderstel gewees om jou skooltassie te pak. Ons sou alles mooi gemerk het met jou naampie op. Ons sou jou skoolrokkie en skoentjies mooi reggesit het! Opgewonde sou ons gewonder het wie jou juffrou sou wees en watter maatjies saam jou in die klas sou wees! Want more sou jy jou eerste treetjies in die laerskool gegee het!
Maar Pappa God het vir jou, Mamma en Pappa en jou sussies, 'n ander paadjie beplan. 'n Paadjie wat anders lyk as die gewone. 'n Unieke paadjie wat net ons elke dag saam jou loop. 'n Paadjie wat 2 uurlikse buisvoedings, daaglikse fisio, nagsuurstof, weeklikse terapie, 3 maandelikse hospital-opnames, gereelde toetse, bloede en sputums en nog baie meer insluit!! 'n Paadjie wat nie elke dag vir Mamma, Pappa of jou sussies maklik is nie. Mamma en Pappa moet gereeld vir jou baklei. Met spesialiste, dokters, susters of enige iemand anders daarbuite wat blykbaar meer weet as ons oor hoe om vir jou te sorg!! Jou sussies moet soms moeilike vrae deur maats sonder die nodige kennis verwerk en hanteer!!!! Maar hul doen dit met trots!! Want dit is hoe hulle oor jou voel!!! TROTS om jou as sussie te hé!!!
Maar hierdie paadjie het ons ook geleer van GELOOF, HOOP en LIEFDE.......ONVOORWAARDELIKE LIEFDE!!! Hierdie paadjie het ons geleer dat harde werk en uithouvermoë tog beloon word! Al verstaan die daarbuite nie hoe groot jou mylpale werklik is nie.....verstaan ons dit.....verstaan ons die wonderwerke!!!!! Die wonderwerk van lewe, die wonderwerk van asemhaal, die wonderwerk van groei, die wonderwerk van lag, sit kruip, voetjies en beentjies wat kan staan (al is hul bietjie skeef en krom), die wonderwerk van kommunikasie (al verlang Mamma nou al 7 jaar daarna dat jy my op my naam moet roep, is jou handgebare vir ons baie kosbaar).
Die wonderwerk van jy wees, van Suné Lombard wees......want Hy het jou op jou naam geroep! En jy behoort aan HOM!!!! Hy het jou uitgekies vir hierdie taak wat ons almal nie altyd mooi verstaan nie. Maar eendag, eendag sal ons ook die vol prentjie kan sien....En dan sal ons verstaan!!!! Volmaak het Hy jou gevorm, en in liefde het Hy jou aan my en Pappa gegee....saam met jou ander 2 sussies....om ons gesin volmaak te maak!
Op 9 Januarie 2010, is jy gebore! En vandag vier ons dit saam met jou. 7 Jaar is jy nou al deel van ons lewens. Mamma sal nooit in woorde hierdie 7 jaar opgesom kan kry nie! Maar ek weet...met Vader se genade en liefde....sien ek uit om te kyk wat jy alles oor die volgende 7 jaar vir ons gaan leer en wys!!!! En hoe Vader deur jou, ons lewens gaan aanraak!!!
Mamma is oneindig baie lief vir jou!!!!
****************************************************************************************
So after her birthday we had to admit her for her 3 monthly I.V. antibiotics. We have spent the last 14 days in hospital. It was tough but we got through it. Suné will be discharged later today!!
We have also been blessed with a brand new standing frame which her medical aid covered!! Suné is standing in her sanding frame with us when we have dinner and she is actually enjoying it! Hopefully we will be able to strengthen her leg muscles now so that we can get onto more standing and eventually walking in a walking frame!!!!!
May this be the year for more miracles and jaw dropping improvement in Suné's life!!!!!